Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 4 OKTOBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

LAASTE KANS OM TE BESPREEK VIR DIE ARIA IN KAAPSTAD

KAAPSE JEUG GESELLIGHEID OP 9 OKTOBER

en

DIE AWA SE AM EN ESB BUIS QSO GESELLIGHEID VOLGENDE NAWEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Besprekings vir die Suid-Afrikaanse Radioliga Amateur se Amateurradio in Aksie simposium sluit om middernag op Woensdag 7 Oktober. Die simposium sal op Saterdag 10 Oktober gehou word by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Die ouditorium is in die ABC-gebou, oorkant die gebou waar die RTA verlede jaar gehou is. Die volgende paar dae is ook die laaste geleentheid om die frekwensie teller boustel te bestel voordat dit na die Kaapse Amateurradio in Aksie te koop aangebied word teen R600 plus verpakking en posgeld. Die volledige program vir Saterdag is beskikbaar op www.sarl.org.za waar jy ook die besprekingsvorm kan vind.

Nico van Rensburg, ZS6QL, sal jou op datum bring met wat gebeur met die Kletskous CubeSat, vind uit hoe om 'n beter omgekeerde V antenna te bou, bou 'n frekwensie teller of leer meer oor hoe om 'n radio in jou voertuig te installeer. Al hierdie en nog baie meer by ARIA 2015.

** As jy onder 25 is, sluit aan by die Liga se Jeug-koördineerder, Koos Fick, ZR6FK, Vrydagmiddag om 17:00 by die Oakdale Amateurradioklub en vind uit hoe om meer uit Amateur Radio te kry. Bevestig asseblief jou bywoning deur ’n SMS aan Nico, ZS6QL, te stuur by 083 269 9939. As jy nog nie kan bestuur nie, bring jou ma of pa saam, hulle is ook welkom om 'n paar verversings te geniet saam met ons. As jy 'n jong amateur is, vind uit wat mis jy en help Koos om dit reg te stel.

** In die laaste Suid-Afrikaanse Radioliga Nuusbrief het die Raad verskeie poste vir raadsaangesteldes geadverteer, soos 'n Webwerfbestuurder, 'n Rekordsbestuurder, 'n Bestuurder vir die Moniteringsdiens en 'n IPHA bestuurder. Die reaksie op die advertensie was uiters bemoedigend, vier lede het hulle dienste aangebied. Die enigste ongevulde posisie is die Bestuurder, Rekords. Oorweeg asseblief om jou dienste hier aan te bied. Sodra al die formaliteite voltooi is, sal die name op die webwerf en in Radio ZS gelys word. Daar is nog vakante poste. Hulle sal in die volgende Nuusbrief geadverteer word. Oorweeg dit asseblief om jou dienste aan te bied. Die Suid-Afrikaanse Radioliga Raad wil graag baie meer lede by die bestuur van die Liga betrek.

** Die kommersiële Andrews Skottel is geskik vir die 5,7 GHz amateur band. Pierre Holtzhausen, ZS6PJH, van Pretoria, het onlangs in besit gekom van so ’n Andrews Skottel antenna Model UHX8-59W, dit is soortgelyk aan die tipe wat in mikrogolf-netwerke gebruik word. Hy het langtermyn planne om hierdie skottel op die amateur radio SHF bande te gebruik.

Dit is ’n 2,4 meter deursnee ultra-hoë verrigting beskermde antenna en is dubbel gepolariseer; dit dek Band Een: 5,925 tot 7,125 GHz en Band Twee: 5,725 tot 5,850 GHz. Dit dek amper die 5,650 tot 5,850 GHz amateur band. Die wins op die antenna is om en by 41 dBi. Die Liga se huidige Tropo rekord op 5,7 GHz ESB staan op slegs 151 km soos opgestel deur Ivo Chladek, ZS6AXT, en John Sygo, ZS6JON, in 2003. Die Liga se AMA rekord is opgestel tussen Ivo, ZS6AXT, en Lester Whitacker, W7CNK met gelykgolf in 1999 oor ’n afstand van 14 745 km.

Wat het geword van al daardie paraboliese skottels wat deur die Poskantoor gebruik is op hul landwye mikrogolf-netwerk tydens die voor-satelliet tydperk?

** Lede van die Padvinder, Meisiegids en Voortrekkers bewegings se jaarlikse amateur radio gebeurtenis vind plaas oor die naweek van 16 tot 18 Oktober. Jamboree op die Lug en Jamboree op die Internet is vanaf 16 tot 18 Oktober aan die gang terwyl CQ Hou Koers op Saterdag 17 Oktober gehou sal word. Kontak jou plaaslike Padvindergroep, Meisiegidskompanie en/of Voortrekker Kommando en help hulle reël vir hierdie gebeurtenis. Wees belangrik in die lewe van ’n kind.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die tema vir die November/Desember 2015 uitgawe van Radio ZS is antennas en voerlyne. Sttur jou artikel aan die redakteur teen Dinsdag 10 November. Stuur dit na radiozs@sarl.org.za

** Die Antieke Draadloosvereniging se AM en ESB Buis QSO Geselligheid vind plaas in twee sessies op Saterdag 10 en Sondag 11 Oktober. Die Am sessie van hierdie foon kompetisie vind plaas vanaf 13:00 tot 17:00 UTC op Saterdag en die ESB sessie vanaf 13:00 tot 17:00 UTC op Sondag. Aktiwiteit is op 40 and 80 meter en die volgende gedeeltes - 7 063 tot 7 100 kHz en 3 603 tot 3 650 kHz. Die uitruiling is jou roepsein, ’n RS verslag, ’n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin en die tipe radio gebruik, bv. HT37 Tx.

As jy ’n buis radio gebruik, verdien jy drie punte per kontak, as jy ’n hibriede radio – buis en ‘solid-state,’ verdien jy twee punte per kontak en as jy ’n ‘solid-state’ radio gebruik, verdien jy een punt per kontak. Die vermenigvuldig, gebaseer op jou radio is - buis radio – drie punte per kontak; Hibriede radio – twee punte per kontak en ‘solid-state’ radio – een punt per kontak. Sertifikate sal toegeken word aan die eerste drie plekke in elke afdeling – AM en ESB

Logstate moet teen 31 Oktober ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za of versend word per pos aan die Suider-Afrikaanse Antieke Draadloosvereniging, Posbus 12320, Benoryn, 1504. Vir enige navrae, raadpleeg asseblief die 2015 SARL Kompetisie handboek.

** Die volgende klubs het affilieer by die Suid-Afrikaanse Radioliga. Klub voorsitters word versoek om hulle klub besonderhede op die Liga se roepseinboek na te gaan.

Die Antieke Draadloosvereniging, ZS0AWA; the Boland Amateurradioklub, ZS1BAK; Die Kaapstad Amateurradiosentrum, ZS1CT; die Valsbaai Amateurradioklub, ZS1FRC en die Oakdale Amateurradioklub, ZS1OAK.

Die Border Radioklub, ZS2BRC; die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, ZS2PE; die Namaqualand Aëro Sportvereniging, ZS3FLY; die Noordkaap Amateurradioklub, ZS3NC; die Vrystaat Amateurradioklub, ZS4B; die Bloemfontein Amateurradioklub, ZS4BFN; die Sasolburg Amateurradioklub, ZS4SRK en die Welkom Radioklub, ZS4WRC.

Die Durban Amateurradioklub, ZS5D; die Hibiscuskus Amateurradioklub, ZS5HAC; die Midlande Amateurradioklub, ZS5PMB en die Zululand Amateurradioklub, ZS5ZLB

Die Centurion Radioamateurklub, ZS6CEN; die Oosrand Radioklub, ZS6ERB; die Hoëveld Amateurradioklub, ZS6HVB; die Kempton Amateurradio Tegniesevereniging, ZS6KTS; die Lichtenburg Amateurradioklub, ZS6LRK; die Magalies Radioamateurklub, ZS6MRK; die Potchefstroom Amateurradioklub, ZS6POT; die Pretoria Amateurradioklub, ZS6PTA en die Noordwes Amateurradioklub, ZS6RWT.

Die Rustenburg Amateurradioklub, ZS6RTB; die SAUK Amateurradioklub, ZS6RTV; die Secunda Amateurradioklub, ZS6SRC; die Suidlander Radioklub, ZS6SRK; die Vaaldriehoek Amateurradioklub, ZS6VTB; die Wesrand Amateurradioklub, ZS6WR en die Hammies Amateurradioklub, ZS6ZU

Tydens die laaste raadsvergadering is besluit dat die name van klubs wat aansoek doen om affiliasie, genoem sal word in SARLNuus. Enige beswaar teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Liga Sekretaresse bereik voorop op die Dinsdag na hierdie bulletin.

** Die algemene jaarvergadering van die Magalies Radioamateurklub het op Saterdag 12 September 2015 plaasgevind. Die volgende persone is tot die komitee verkies:

Voorsitter: Thys Maree, ZS6MJM
O/voorsitter: Pieter Myburg, ZS6PAM
Sekretaris: Irene Myburg
Tesourier: Pieter Myburg, ZS6PAM
Tegniese Koördineerder: Sam van Zyl, ZS6JZ
Redakteur Teenspanning: Pieter van der Walt, ZS6BVT
Bulletin Koördineerder: Chris van Eeden, ZS6CVE
Webmeester: Thys Maree, ZS6MJM

Baie geluk aan die nuwe komitee met hul verkiesing en sterkte vir die jaar wat voorlê. 'n Hartlik dank aan die ou komiteelede wat bietjie gaan rus. Dankie vir jul waardevolle bydrae in die jaar wat verby is."

** Voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek AR2422 het begin verval maar het nog steeds 'n komplekse magnetiese samestelling wat genoeg energie vir X-klas fakkels huisves. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 47 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou vir die dagboek van gebeure

7 Oktober – sluitingsdatum vir registrasie vir die Kaapse ARiA en bestellings vir die frekwensie teller boustel
9 Oktober – die Kaapse Jeug Geselligheid by die Oakdaleklub
10 Oktober – die Amateurradio in Aksie simposium by die CPUT kampus in Bellville
10 en 11 Oktober – die AWA AM en ESB buis kompetisie
15 Oktober – die Radioamateur eksamen
16 tot 18 Oktober – Jamboree-on-die-lug
17 Oktober – CQ Hou Koers
24 en 25 Oktober – die CQ WW DX ESB kompetisie
10 November – sluitingsdatum vir artikels vir die November/Desember Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

As jy onder 25 is, sluit aan by die Liga se Jeug-koördineerder, Koos Fick, ZR6FK, Vrydagmiddag om 17:00 by die Oakdale Amateurradioklub en vind uit hoe om meer uit Amateur Radio te kry.

** Besprekings vir die Suid-Afrikaanse Radioliga Amateur se Amateurradio in Aksie simposium sluit om middernag op Woensdag 7 Oktober. Die simposium sal op Saterdag 10 Oktober gehou word by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Carina Green en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003